"Ek is kalmer vandag!"
My man en God is by my...
En dan ontwaak ek weer soos 'n klein babatjie en alles is nuut. MY sig is dof vir 'n oomblik, maar dan sien ek alles wat in my lyf gebeur het. Dis lewensveranderend. Ek is moeg en tranerig.
My lyf is seer en diep dink ek dinge wat nooit eers my gedagtes gekruis het nie. Die kruis, God se kruis...Dan besef ek weer, alles is in Sy hande.
My eetlus is weg en ek dink vir 'n oomblik dit kan nie slegter met enige mens gaan nie, want ek het nou kanker en kanker is nou my nuwe lewe dan sien ek die vrou wat langsaan my bed op haar eie ingeboekte hospitaal bed sag rus... haar been gaan afgesit word. Die dame oorkant my kry kos deur 'n pypie, want die kanker het haar slukderm geblok.
Ek is so hartseer vir hulle.
Dan roep ek uit: "HERE! Hoe groot is my God!"
Dit maak nie saak of ek wit, bruin, swart, pienk of geel is nie... Pyn is vir almal dieselfde, ek wens nie meer nie, want ek WEET wat ek weet en sjoe ek is stil stil diep seer tevrede,
Na 'n paar dae in die hospitaal kan ek nou uiteindelik huis toe gaan, na my bed toe waar ek die veiligste voel. My lyf en sagte siel is eweskielik in 'n oogwink verskillende wesens. Ek is nou bang ek maak ander seer saam met my seer, want ek wil net rus en veilig wees tussen die sagte wit lakens van God se Koninkryk.
Ek is nou anders, ek kan nie meer net vinnig opstaan en net vinnig kos maak nie. Net vinnig, net gou, net eweskielik NIKS.
Dit maak my siel seer om my kinders so te hoor en so te sien. My meisiekind bel my nou, nie meer om te vertel hoe lekker alles is nie, maar sy is nou so hartseer, die diep hartseer. My hart breek saam met haar, want sy is nog net kind en ek wens ek kon haar net troos en vashou en sag sus todat sy slaap soos toe sy nog my poniestert dogtertjie was. My seun is stil, maar eks seker Hy praat met ons Vader. En nou huil almal en ek raak weg tussen die sagdoek lakens en van voor af raak ek verlief op my man soos toe ons nog jonk was. Ek verstaan nou na jare se LIEFDE, wat LIEFDE werklik is. Hy was my elke aand met die lewende water en soos dit oor my liggaam rol is ek in my naakheid getrou aan God se beloftesband tussen my en my man en ek sal ALTYD wees. My man reining my menslikheidsvel en sonder om te gril of vra te vra trek hy my aan en ek is so dankbaar.
Ek gaan nou rus en sag en snoesig en warm langs my man verdwyn in die Godelike droom wereld waar alles weer heel is en die volgende dag, weer sekonde vir sekonde aanpak...
..
Friday, October 30, 2015
Thursday, October 29, 2015
Die Chirurg se seer maak woorde.."KANKER"
Aande het verby gegaan en ek het nie geweet wat voorentoe gaan gebeur nie.
Die Chirurg het met sy normale gewone, eentonige stem my hart gebreek.
"Mev, jy het kanker."
Ek kon dit nie glo nie, "NEE! EK HET NIE!"
Daar het die stilte my nie terug gehou nie. Daar kon ek nie myself red nie. Daar moes ek volkome vertrou dat God inbeheer is. Op daardie oomblik moes ek alles net so oorgee in Sy hande. Ek was so tevrede in my bang gemoed.
Dokter ek wil wag vir die Biopsie voordat ons enigsns 'n stelling maak.
Die dokter het my geklasifiseer as 'n "MIND OVER MATTER VROU"
maar ek het geantwoord op sy stelling..."NEE DOKTER, EK IS 'N VROU VAN GELOOF."
So ek moes nou stilbly sodat my kinders nie seer kry nie. Ek moes wag en keer op keer die seer weer voel en besef dit alles het 'n werklikheid geword. Ek is hartseer, maar nie so hartseer soos die mense wat simpatiseer asof ek klaar daarmee heen is nie. Ek was vir so 'n rukkie verstom oor die vrae wat oor my vriende se lippe gekom het, maar ek weet dit alles maak my 'n sterk mamma, vrou en Godsblom.
So hier sit ek nou stoksiel alleen en ek weet "God and His time is far from my timing.."
Ek weet nou hoe voel die son.. Inniglik alleen, maar tog uniek.
Dan gaan maak ek weer 'n draai by Die Bybel wat gehoorsaam met my praat en ek is so tevrede.
Ek moes wag, lank wag, bid, glo en vertrou.
Nou begin ek dink soos die ongelowige en ek wens ek kon net skree.. VOERTSEK Satan!
Nou word ek weer stil en ek weet God weet wat Hy doen, ek wens net ek kon meer verstaan...
Ek het nou kanker, die Biopsie het toe die dokter se stelling gestaaf. Ek kon net dink dat alles "OK" sal wees. Dis dit, niks meer of niks minder nie..Ek is verslae. Die mense om my se geloof hou my sterk en ek weet NIKS gaan maklik wees nie, maar vir God is ALLES moontlik.
Nou sit ons hele gesin op plekke ver van my af en ons elkeen verwerk die nuwe waarheid op ons eie manier. Ek is regtig so hartseer, diep hartseer, want ek hoop almal verstaan dat dit nie my keuse was nie, maar God se genade wat my sterk hou.
EK moet nou gaan in die teater in en ek wens alles was net 'n droom, maar dit is nie...
Die trane oorval my, van die saal tot in die teater, ek glo in U. EK doen regtig...
Doodse stilte hou my dop vir 3 ure se teater werk...
Subscribe to:
Comments (Atom)