Ek wil nie my gees seer maak nie, ek wil nie he jy moet my man maak nie, ek wil nie grof behandel word nie, ek wil nie tussen al hierdie seer in die saal le nie, ek wil nie, asseblief ek wil nie..
En dan het ek eweskielik 'n engel dokter, iemand so anders en dis so verligtend.. Dankie God vir die man wat my vrou laat voel, wat my met sy growwe hande sag en mooi behandel. "Jy's 'n anderse dokter, een wat my sien vir wie ek is, jy praat nie net met my kras en dokter taal nie, jou praat is mooi en ek hou van die engeltaal wat jy praat. Ek hou regtig baie daarvan.
Ek is moeg en tam en ek voel nou die Kaapse lug wat anders met my lyf saam werk, of dalk is dit net die lang ry wat my liggaam so pynlik laat dink oor wat die dag van more inhou.
Ek ontmoet nog 'n engel, die suster wat deel is van my kanker glimlag en sjoe wat 'n mens om te leer ken. Dan dwaal my gedagtes weer af na my seun se oproep, en ek onthou hy kry swaar in sy stem, sy hart is ook seer en ek dink weer, ek hoop net hy is ok, want ek wil he hy moet wees. Ek wil he sy lewe moet aangaan nes dit altyd was, maar tussen deur al my emosionele denke weet ek dis nie so maklik soos ek dit wil maak nie. Ek wens ek kon meer met sy hart praat.
VANDAG VOEL EK SOOS " 'N MILLION DOLLAR"
My lippe is rooi, soet rooi, wyn rooi, goed rooi, mooi mooi en so besonders rooi mooi. Ek is so tevrede.
Die suikerbekkies vermaak my met hulle skoonheid en reinheid van binne na buite. Deur die Godelikheid van die wit skoenlapper wat van blom na blom sweef, wil ek net met jou die volgende deel. Ek wou eder net hemel toe gaan.. Ek wou net weg wees van al hierdie pyn en seer wat my menslikheid aantas. En toe soos die wit skoenlapper sy vlerke wapper oor die groenheid van God se grootheid besef ek die hemel is elke dag hier vir my. Net hier by my, diep en weg van die normaliteit af.
Ek luister na 'n ver verlange boodskap van my dogter af en hulle sing soos die engel koor.. "HOW GREAT IS OUR GOD"
Ek huil en huil en huil soos die verlange my terug bring na realiteit toe. Ons almal is tog net mens en ek is dankbaar, so dankbaar vir elke dag hier. Hier in die wereld met alles wat bestaan, Ek is vandag so diep lief vir alles hier.
Nou kan ek weer rus tussen die groenblare en die skoenlappers, die voeltjies en die somerdruppels, die warm wit lakens en ek is tevrede, meer as so trevrede...
My man het my weer laat lag soos hy altyd doen, my weer laat dink soos 'n beminde en weer laat lief he soos 'n jong verliefde...